Cart

 x 
Cart empty

7 DAE - Trade Paperback

Price
R 275,00
SIGNED OR UNSIGNED

Recipient's Name (no personal messages please)
Characters written: 0

Description

7 DAE


Ek sal elke dag 'n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla, lees die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin hy hulle afmaai. 

Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar's geen motief nie, geen leidrade nie, net 'n reeks naakfotos, 'n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media, en die meedoënlose, onpeilbare sluipskutter. 

En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van die drank in toom probeer hou. 

Sewe dae van hel.

BENNY GRIESSEL Boek 3

.