Cart

 x 
Cart empty

PROTEUS - Trade Paperback

Price
R 215,00
SIGNED OR UNSIGNED

Description

PROTEUS

Daar was maar altyd die begeerte om een van my groot liefdes in 'n boek by te sleep: Om op 'n motorfiets oor die vlaktes van hierdie goddelike en soms goddelose land te ry.


Eksterne konflik is een van die belangrike boustene van 'n spanningsroman en in Proteus word dit verteenwoordig deur die Owerhede wat Mpayipheli probeer keer. Maar interne konflik sorg vir groter dimensie by karakters, meen ek. Daarom dat dié oudsoldaat so hard probeer om sy verlede van oorlog en geweld te vergeet - en 'n nuwe bestaan met Miriam en haar sesjarige seun, Pakamile, te skep.Dit was die kern waaruit dié boek gebore is: Oud MK-soldaat en voormalige sluipskutter vir die Oos-Duitse Stasi en Russiese KGB, Tobela Mpayipheli, moet binne 72 uur 'n hardeskyf in Lusaka kry. En wanneer 'n span van die Presidensiële Intelligensie-agenstskap sy keuses van vervoer aansienlik verminder, "leen" hy 'n BMW R 1150 GS by sy werkgewer om die reis mee aan te durf.

Die werkstitel van dié boek was aanvanklik "Umzingeli", wat "die jagter" in Xhosa beteken. Want Mpayipheli is 'n gebore jagter, 'n man deur wie se are die krygsbloed sterk loop. En die uiteindelike vraag wat ek probeer beantwoord is of 'n mens kan stry teen jou inherente, ingebore natuur, veral wanneer die druk begin toeneem en die eise onmenslik groot word.