Cart

 x 
Cart empty

Aan my hart se punt ....

Price
R 155,00
SIGNED OR UNSIGNED

Recipient's Name (no personal messages please)
Characters written: 0

Description

AAN MY HART SE PUNT

“Ek het daar in my hoekie in die hospitaalsaal eers besef hoe baie ek opgegee het; hoe groot die besluit wat ek gemaak het, regtig was.

Maar ek het na die geklets rondom my geluister en my pyn binnegehou. My borste was seer van ongestorte melk, maar ek kon jou nie voed nie, my kind.

In die nanag het ek, vir die eerste keer nadat ek my besluit geneem het, op my knieë gegaan en my hart teenoor die Here leeggemaak. Ek het geen rede gehad om verder te lieg en weg te kruip van wie en wat ek regtig is nie. Ek het nodig gehad om net te praat, sonder om bang te wees en voor te gee dat ek alles goed hanteer, terwyl dit binne my aan ‘n draadjie hang.”

‘N WARE VERHAAL VAN ‘N BIOLOGIESE MA